Mutant (Marvel Comics)

In Amerikaanse strokiesverhale wat deur Marvel Comics gepubliseer word, is 'n mutant 'n mens wat 'n bomenslike genetiese eienskap, die X-geen, besit. Dit veroorsaak dat die mutant tydens sy puberteit bomenslike kragte ontwikkel. Daar word soms na hulle verwys as die menslike subspesie Homo sapiens superior of slegs Homo superior. Mutante is die evolusionêre opvolgers van Homo sapiens en word algemeen beskou as die volgende fase in menslike evolusie. Die akkuraatheid van dié onderwerp word druk bespreek in die Marvel Universe.

Anders as Marvel se mutates, wat hulle kragte ontwikkel nadat hulle aan stimulusse of energieë van buite beïnvloed is (soos die Hulk, Spider-Man en Captain Marvel) het mutante werklike genetiese mutasies.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne